
Safex Verslag - 18 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)
Loading player...
Mielies: · Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag gemeng verhandel, maar het ondersteuning gevind aan die einde van die sessie en het sterker gesluit. · Die Amerikaanse mark is tans vasgevang tussen die verwagtinge van goeie uitvoere en die goeie aanplantings wat hierdie seisoen verwag word. · Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R6/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 494/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R12/ton hoër verhandel om teen R2 629/ton te sluit. Sojabone: · Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag nadat die grootste gedeelte van die week onder druk gekom het en laer verhandel het. · Die Amerikaanse verwerking van sojabone was gedurende April ongeveer 5.3% laer as die Maart verwerking. Alhoewel dit laer was as Maart, was dit steeds ʼn rekord hoeveelheid sojabone wat gedurende April verwerk was. · Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R20/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 538/ton te sluit. Koring: · Die Amerikaanse koringmark het Vrydag gemeng verhandel, maar het meestal onder druk gekom teen die einde van die verhandelingsessie en het laer gesluit vir die dag. · Die Amerikaanse koringmark bly onder druk met die groot voorraad wat daar beskikbaar is en die sterk kompetisie deur ander lande in die internasionale uitvoermarkte. · Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R1/ton laer verhandel om teen R5 602/ton te sluit.