Safex Verslag - 15 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies: · Die Amerikaanse mieliemark bly steeds onder druk met die verwagtinge dat die VSA hierdie seisoen ʼn nuwe rekord oes behoort te hê. · Die weeklikse etanol produksie het vir die 2de agtereenvolgende week toegeneem wat meer gunstig is vir die Amerikaanse verbruik. Dit is egter steeds aansienlik laer as die gemiddelde weeklikse produksie. · Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R11/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 486/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R15/ton hoër verhandel om teen R2 620/ton te sluit. Sojabone: · Die Amerikaanse sojaboonmark bly ook steeds onder druk aangesien die Amerikaanse sojaboon voorraad hoër is as wat aanvanklik geskat gewas. · In China is die sojaboon voorrade steeds laag en China is baie afhanklik van invoere. Dit kan China noodsaak om meer Amerikaanse sojabone te begin koop. · Die plaaslike sojaboonmark het meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R27/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 560/ton te sluit. Koring: · In die internasionale koringmark is daar baie groot voorraad beskikbaar. Dit hou die wêreld koringmark onder druk. · Sekere gedeeltes in die Oekraïne het, as gevolg van droë toestande, baie skade gekry wat die produksie vir die seisoen sal verlaag. · Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R70/ton hoër verhandel om teen R5 600/ton te sluit.
14 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes