
Moontlike heropening van die Covid-19-regeringshulp wek kommer
Loading player...
Hoewel daar nog geen amtelike dokumentasie verskaf is deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, oor die moontlike heropening van sy Covid-19-hulppakket van R1,2 miljard, wat op hoofsaaklik opkomende boere gemik is, heers daar reeds kommer daaroor in georganiseerde landboukringe. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap sê, die rooiligte flikker oor welke begroting gebruik gaan word in terme van die vorige proses, wat nie afgehandel is nie, en 'n moontlike volgende proses wat kan volg. Hy sê daar onstaan talle vrae oor onder meer of 'n bykomende begroting gebruik gaan word en of gaan die volgende proses deel van die R1,2 miljard Covid-19-regeringshulp wees. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...