
Safex Verslag - 14 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)
Loading player...
Mielies: · Volgens die Amerikaanse Departement van Landbou se nuutste wêreld vraag en aanbod verslag (WASDE) behoort die Amerikaanse produksie vir die 2020/21 seisoen 406 miljoen ton te wees. Dit sal ʼn nuwe rekord wees. · Die skatting in die WASDE verslag is dat die Amerikaanse mielie eindvoorraad vir die 2020/21 seisoen ongeveer 84 miljoen ton sal wees. Dit is 58% meer as die eindvoorraad van die 2019/20 seisoen. · Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R20/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 480/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R14/ton hoër verhandel om teen R2 603/ton te sluit. Sojabone: · Volgens die Amerikaanse Departement van Landbou se nuutste wêreld vraag en aanbod verslag (WASDE) behoort die Amerikaanse sojaboon produksie vir die 2020/21 seisoen 112 miljoen ton te wees. · Alhoewel die VSA se verwagte produksie vir die seisoen hoër as die vorige seisoen se produksie sal wees, is dit steeds laer as die afgelope paar jaar se gemiddelde produksie. Die skatting is dat die Amerikaanse sojaboon eindvoorraad ten die einde van die 2020/21 seisoen ongeveer 11 miljoen ton te wees wat laer is as die vorige seisoen se 15 miljoen ton. · Die plaaslike sojaboonmark het meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R17/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 600/ton te sluit. Koring: · In die nuutste WASDE verslag word die wêreld koring produksie vir die 2020/21 seisoen op 768.5 miljoen ton geskat. Dit is ongeveer 4 miljoen ton meer as die vorige seisoen se produksie. · Die WASDE verslag skat ook dat die wêreld koring eindvoorraad aan die einde van die 2020/21 seisoen ongeveer 310 miljoen ton behoort te wees.