
Safex Verslag - 13 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)
Loading player...
Mielies: · Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou bekend gemaak word is 67% van die Amerikaanse mielies vir die seisoen aangeplant. · Die 67% aanplantings wat voltooi is, is aansienlik meer as verlede seisoen se 28% voltooi die 5 jaar gemiddeld van 56% voltooi teen dieselfde tyd van die jaar. · Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R35/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 460/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R31/ton laer verhandel om teen R2 584/ton te sluit. Sojabone: · Die Amerikaanse Departement van Landbou se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag dui aan dat 38% van die sojabone in die VSA reeds aangeplant is. · Dit 38% sojaboon aanplantings wat reeds voltooi is, is aansienlik meer as die vorige seisoen se 8% voltooi en die 5 jaar gemiddeld van 23% voltooi teen dieselfde tyd van die jaar. · Die plaaslike sojaboonmark het meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R32/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 610/ton te sluit. Koring: · Die Amerikaanse winterkoring produksietoestande word op 53% goed tot uitstekend geskat in die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou bekend gemaak was. · Die produksietoestande het verswak vanaf die vorige week se skatting toe dit op 55% goed tot uitstekend geskat was. Verlede seisoen, teen dieselfde tyd van die jaar, was dit op 64% goed tot uitstekend geskat. · Die plaaslike koringmark het gister meestal gemeng verhandel vir die dag. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R24/ton laer verhandel om teen R5 515/ton te sluit.