
Die Suid-Afrikaanse varkbedryf neem biosekuriteit ernstig op
Loading player...
Biosekuriteit kan toegepas word in die varkbedryf, omdat die produksieproses uit ‘n gekontroleerde stelsel bestaan. Johan Kotze, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAVPO, sê varkboere het begrip vir die vereistes wat in die Covid-19-grendeltydperk gestel word. Dit is omdat tegnologie en stelsels wat in plek is in dié bedryf van 'n hoë gehalte is. Veral die toepassing van biosekuriteit is indrukwekkend en dra daartoe by dat veilige vleis in die mark versprei word. Dit kom nadat Afrika-varkpes in vyf landelike dorpies in die Oos-Kaap bevestig is. Daar het reeds 50 varke gevrek, maar die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, werk hard om die verspreiding van dié siekte te verhoed. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...