Safex Verslag - 12 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies: · Die Amerikaanse mieliemark is steeds nog vol onsekerhede rakende die moontlike impak van die koue skade wat in gedeeltes van die land se produksiegebiede kan voorkom en dit bied steeds ondersteuning aan die pryse. · Dit lyk ook tans in die VSA of die verbruik van etanol weer besig is om toe te neem wat weer positief sal wese vir die vraag na mielies. Die lae internasionale energiepryse het die etanol produksie en gevolglik die mielieverbruik skerp onder druk geplaas. · Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R10/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 499/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R5/ton hoër verhandel om teen R2 615/ton te sluit. Sojabone: · Die internasionale sojaboonmark het oor die algemeen ondersteuning gevind met die goeie koopkrag wat steeds in China gesien word. China koop nou meestal Suid-Amerikaanse sojabone vir invoere. · Die groot uitvoere vanaf die Suid-Amerikaanse lande verlaag die beskikbare voorraad wat kan veroorsaak dat China later die jaar genoodsaak sal word om sojabone vanaf die VSA aan te koop. Die handelooreenkoms tussen die VSA en China bly egter steeds ʼn groot punt van bespreking wat die vloei van sojabone in die 2de helfte van die jaar sal bepaal. · Die plaaslike sojaboonmark het gister gemeng verhandel met die Mei en Julie kontrak wat ondersteuning gevind het en sterker verhandel het vir die dag, terwyl die verder maand kontrakte onder druk gekom het en laer gesluit het vir die dag. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R13/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 646/ton te sluit. Koring: · Die internasionale koringmark het ondersteuning gevind nadat die weerstoestande in Rusland verbeter het wat gunstig is vir die produksieverwagtinge daar. · In die VSA is die verwagting ook
11 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes