
Duurste skaaphond ter wereld onlangs verkoop
Loading player...
‘n Borderkollie van Engeland het onlangs die duurste skaaphond in die geskiedenis van die wereld geword toe dit vir bykans R400 000 aan ‘n boer in Oklahoma verkoop is. ‘n Skaapwagter uit Engeland wat skaaphonde teel en oplei, het verlede jaar ook ‘n rekordbedrag vir ‘n soortgelyke hond behaal toe sy ‘n prys van bykans R300 000 behaal het. Die gemiddelde pryse vir opgeleide skaaphonde is ongeveer R45 000, wat die rekord nog meer merkwaardig maak.