Safex Verslag - 11 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies: · Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag weens die vrese van koue skade in wat sommige van die land se produksie gebiede kan voorkom. · Daar is ook optimisme vir uitvoere in die Amerikaanse mark. Die internasionale koopkrag bly steeds sterk met Suid-Korea wat ʼn aktiewe koper van mielies is. · Die plaaslike mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R14/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 489/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R12/ton hoër verhandel om teen R2 610/ton te sluit. Sojabone: · Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag goeie ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag met goeie uitvoere wat gerapporteer was in die VSA. · Privaat uitvoerders het Vrydag uitvoerverkope van ongeveer 120 000 ton aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer. Dit is vir lewering aan onbekende bestemmings gedurende die 2019/20 seisoen. · Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag gemeng verhandel met die Mei kontrak wat onder druk gekom het en laer gesluit het, terwyl die res van die kontrakte ondersteuning gevind het en sterker verhandel het vir die dag. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R6/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 633/ton te sluit. Koring: · Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ook ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag as gevolg van optimisme rakende die Amerikaanse uitvoere. · Die Russiese koring uitvoere het gedurende April 3.5 miljoen ton bereik wat 13% meer is as die Maart uitvoere. Die koring uitvoere vanaf Rusland sal eersdaags deur beperkte kwotas gereguleer word. · Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R9/ton laer
10 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes