
Wenke hoe om tegnogie op jou plaas of besigheid te gebruik
Loading player...
Tjoepie Groenewald van Farmspace, ‘n sosiale media-kundige, gesels vandag oor die rol wat sosiale media speel by onder andere georganiseerde landboustrukture en meer nog by brandbestrydingsverenigings. Groenewald gee ‘n uiteensetting van die wet wat grondeienaars verplig om hul verantwoordelikheid rondom voorkomingsmaatreels na te kom en wat die wetlike implikasies vir boere kan wees wat nie aan hierdie verenigings behoort nie. So byvoorbeeld kan boere wat nie aan die vereniging behoort nie, verantwoordelik gehou word vir brandskade wat daar sou ontstaan en andersom. Groenewald verduidelik ook wat die versekeringsopsies is indien boere skade ly.