
Safex Verslag - 8 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)
Loading player...
Mielies: · In die Amerikaanse Middeweste is daar bekommernisse dat daar koue toestande kan heers. Dit sal negatief wees vir die jong mielies wat reeds aangeplant is en dit kan koue skade veroorsaak wat negatief kan wees vir opbrengspotensiaal. · In die VSA het die nuutste weeklikse etanol produksie verslag aangedui dat die etanol produksie vir die week hoër was as die vorige week se produksie. Dit is die eerste keer die afgelope twee weke wat die weeklikse produksie weer hoër is. · Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R3/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 472/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R3/ton hoër verhandel om teen R2 602/ton te sluit. Sojabone: · Die Chinese sojaboon invoere het gedurende April gedaal teenoor dieselfde tyd van die jaar verlede seisoen. Vertragings weens oormaat reën in die Brasiliaanse hawens het die invoere vertraag. · Die Amerikaanse sojaboonpryse wat tans teen redelike lae vlakke verhandel het goeie aankope deur onder andere Meksiko en China tot gevolg gehad. · Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R43/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 635/ton te sluit. Koring: · In die VSA is daar in die koringmark ook bekommernisse dat die verwagte koue toestande wat vir die naweek voorspel word ʼn negatiewe impak op die koring produksieomstandighede kan hê. · Die verwagte Amerikaanse uitvoere vir die week behoort redelik in lyn te wees met die vorige week se uitvoere. · Die plaaslike koringmark het gister meestal hoër gesluit vir die dag. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R30/ton laer verhandel om teen R5 540/ton te sluit.