
Suid-Afrikaanse varsproduktemarkte pas dieselfde Covid-19-protokol steng toe
Loading player...
Die Landbouproduk-agenteraad, APAC, wat agente in die landboubedryf ten opsigte van vars produkte op markte, lewende hawe op veilings, en die uitvoer van vars produkte reguleer, het 'n waardevolle rol gespeel in die ontwikkeling van Covid-19-protokol by vars produktemarkte oor die land heen. Francois Knowles, registrateur van APAC, sê dié markte hou 'n hoë risiko in ten opsigte van die verspreiding van dié pandemie en daarom moet ware innovasie toegepas word. Die Johannesburgse varsproduktemark het met die aanvang van die nasionale staat van inperking begin met die ontwikkeling en toepassing van sekere protokolle, wat nou na al die markte in Suid-Afrika versprei is deur die liggaam Imasa, wat markagente verteenwoordig. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Knowles gepraat...