
Safex Verslag - 7 Mei 2020 (verskaf deur GraanSA)
Loading player...
Mielies: · In Brasilië is die verwagting dat die mielie opbrengste vir die seisoen laer behoort te wees weens droë toestande wat in van die produksiegebiede heers. · Die Amerikaanse mieliemark het gemeng verhandel met die naby maand kontrakte wat ondersteuning gevind het terwyl die verder maand kontrakte onder druk gekom het en het laer verhandel. · Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R32/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 470/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R35/ton hoër verhandel om teen R2 600/ton te sluit. Sojabone: · In die Amerikaanse sojaboonmark het die mark ondersteuning gevind en het sterker verhandel met optimisme in die mark dat China se vraag na sojabone steeds goed is, terwyl Suid-Amerika se beskikbare voorraad laer raak. · Die Amerikaanse sojaboon meel pryse het ondersteuning gevind, terwyl die sojaboon olie pryse onder druk gekom het. · Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R32/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 585/ton te sluit. Koring: · Die Amerikaanse koringmark het onder druk gekom met die verwagting dat die seisoen se koring produksie goed behoort te wees. · Die uitvoerbeperkings van koring wat in die Swartsee streek aangekondig is tesame met die groot vraag na koring in China het die EU se koring uitvoere ondersteun. · Die plaaslike koringmark het gister meestal sywaarts tot effens hoër gesluit vir die dag. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R2/ton laer verhandel om teen R5 490/ton te sluit.