
NWK fokus ná 111 jaar steeds op sy kernbesigheid en kliëntediens
Loading player...
NWK, wat vandeesweek sy 111ste bestaansjaar vier se sukses lê in die gehalte kliëntediens wat hy in sy kernbesigheid van graan, handel, meganisasie en insetverskaffing, lewer. Dié landboubesigheid wat amptelik op 4 Mei 1909 gestig is en destyds as die Lichtenburg Koöperatief Landboumaaskappy bekendgestaan het, se fokus die afgelope jaar en 'n half was op sy kernbesigheid, wat geskoei is op dienslewering en die gehalte daarvan aan produsente. Johan Bezuidenhout, NWK se groepbestuurder van koporatiewe bemarking en kommunikasie, sê die nodige dienslewering is tydens dié tydperk met die betrokkenheid van werknemers opgeskerp en 'n sogenaamde "betrokke-strategie" is van stapel gestuur wat op kliënte gefokus is. 'n Lojaliteitsprogram is ook in 2017 begin, wat ten doel het om terug te ploeg aan kliënte, wat NWK ondersteun.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Bezuidenhout gepraat...
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Bezuidenhout gepraat...