
Dr Johnny van der Merwe, landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit, bespreek vandag die jongste markpryse
Loading player...
Dr Johnny van der Merwe van die Noordwes Universiteit bespreek die jongste markpryse en hy reken die stabilisering van die Rand teenoor ander geldeenhede het ‘n afwaartse rol begin speel in pryse vir sekere produkte, veral in die graanbedryf. Die handelsoorlog tussen die VSA en China, veroorsaak ook druk op pryse van onder andere “sweetcorn” en sojabone. ‘n Laer vraag na produkte in die biobrandstofbedryf, is ’n verdere gevolg hiervan, sowel as die lae olieprys wat tans heers. Volgens Van der Merwe moes baie van die biobrandstof aanlegte intussen hulle deure sluit. Van der Merwe lig egter die goeie koringpryse plaaslik en internasionaal, uit as ‘n positiewe punt in die huidige omstandighede.