
Verbruikers se behoefte van direkte aankope by landbouprodusente
Loading player...
Die bekende landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, Dr Frikkie Mare, verduidelik vandag die kosbesparingsimplikasies verbonde, wanneer die publiek die sogenaamde middelman wil uitsny en direk by die boer sy kosprodukte wil aankoop. Mare verwys dan na sosiale media-groepe wat hierdie sterk boodskap uitstuur om landbouers en verbruikers nader aan mekaar te bring. Mare maan landbouers egter om versigtig te wees vir stelsels soos hierdie. Hy verwys dan na verskillende faktore wat eers oorweeg moet word, soos byvoorbeeld wetgewing en gee sy mening oor die wenslikheid van die stelsel.