
Safex Verslag 5 Mei 2020 (Verskaf deur GraanSA)
Loading player...
Mielies: · Volgens die nuutste Amerikaanse Departement van landbou (USDA) se weeklikse produksievorderingsverslag is 51% van die Amerikaanse mielies vir seisoen reeds geplant. Dit is aansienlik meer as die 5 jaar gemiddelde tempo van 39% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen. · Privaat uitvoerders het gister ongeveer 116 000 ton se mielie uitvoerverkope aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer. Die bestemming van aankope is onbekend en dit is vir lewering in die 2019/20 seisoen wat einde Augustus 2020 eindig. · Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R31/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 445/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R36/ton hoër verhandel om teen R2 582/ton te sluit. Sojabone: · Die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag wat deur die USDA bekend gemaak word toon aan dat 23% van die Amerikaanse sojabone vir die seisoen reeds aangeplant is. Dit is meer as die 5 jaar gemiddelde tempo van 11% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen. · Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies verslag het aangedui dat die weeklikse sojaboon uitvoerverkope slegs ongeveer 318 000 ton was. Dit was laer as die algemene verwagtinge in die mark. · Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R126/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 650/ton te sluit. Koring: · Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag wat deur die USDA bekend gemaak word is 55% van die Amerikaanse winterkoring in ʼn goeie tot uitstekende toestand. Dit is 1% beter as die vorige week se skatting. · Die weeklikse uitvoerinspeksies verslag toon aan dat die Amerikaanse koring uitvoerverkope vir d