Safex Verslag - 4 Mei 2020 (Verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies: · Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag met die weerstoestande wat gunstig was vir die aanplantings om plaas te vind. · In Amerika het die verbruik van mielies in die etanolmark met ongeveer 1 miljoen ton per week gedaal wat veroorsaak dat die Amerikaanse mielievoorraad toeneem en die pryse onder druk hou. · Die plaaslike mieliemark het Donderdag skerp onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. Die mark was Vrydag gesluit weens ʼn openbare vakansiedag. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R28/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 414/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R30/ton laer verhandel om teen R2 546/ton te sluit. Sojabone: · Die Amerikaanse sojaboonmark bly ook steeds onder druk met die VSA wat steeds groot sojaboon voorrade beskikbaar het en die handelsooreenkomste tussen die VSA en China kry nie rigting nie. · Volgens voorlopige data behoort die Brasiliaanse sojaboon uitvoere gedurende April ʼn nuwe maandelikse rekord te bereik met China wat groot hoeveelhede sojabone vanaf Brasilië af aangekoop het. · Die plaaslike sojaboonmark het Donderdag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R40/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 524/ton te sluit. Koring: · Die internasionale koringmark het Vrydag steeds gemeng verhandel en het meestal onder druk gekom vir die dag. · In die VSA behoort die impak wat die koue toestande op die winterkoring gehad het hierdie week geasseeer te word en sal meer sekerheid gee rakende die produksieverwagtinge. · Die plaaslike koringmark het Donderdag onder druk gekom en het meestal laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R61/ton laer v
3 May 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes