
Hans-Jurie Moolman bespreek die nuwe regulasies van die Rampbestuurswet
Loading player...
In vandag se praatjie oor nuwe en aangepaste wetgewing, gesels Hans-Jurie Moolman oor die nuwe regulasies van die Nasionale Rampbestuurswet wat die afgelope Donderdag aangekondig is. Dit bestaan uit nuwe regulasies wat aangekondig is, nadat die voriges herroep is. Die nuwe regulasies is in plek gestel om die sogenaamde “lock down” uit te faseer. Dit is met ander woorde die wegbeweeg uit Fase 5 na Fase 4. Die aansteeklikheid van die Covid-19 virus in die werksplek, word hier volledig aangespreek. Moolman gee advies aan werkgewers wat van vandag af weer hul werknemers se dienste in die werksplek voortsit, in die besonder waar dienste aan die publiek gelewer word. Moolman verduidelik hoe so ‘n “werksplan” moet lyk.