
Landbouers kan hierdie tyd gebruik om op hoogte te kom van nuwe tegnologie
Loading player...
Andre, oftewel Tjoepie Groenewald, is ‘n ekspert en bekende op die gebied van sosiale media en –platforms in die landbousektor. Vandag gesels hy weer verder oor tegnologie en die aanwending daarvan in boerderye en veral wat landbouers in die begin kan doen om hulle plase en boerdery-aktiwiteite op die kaart te plaas. Volgens Groenewald is dit belangrik om heel in die begin te kyk na ‘n ordentlike naam en logo. Dit is volgens hom belangrik om met ‘n goeie handelsmerk en webwerf te begin, wat jou aktiwiteite uitbeeld en ondersteun. Dit kan die boerdery en sy doelwitte omskryf en inhoud gee aan persone van buite. Groenewald gee verder advies en riglyne veral vir “beginners”.