
Eksteen Brand gesels vandag verder oor filters by pompe wat landbouers in staat stel om groot besparings te kan maak.
Loading player...
Eksteen Brand, ‘n proses-tegnologie konsultant van Hydac in Johannesburg, gesels vandag verder oor die verskillende vorms van filters wat landbouers, veral besproeiingsboere, kan aanwend om groot besparings toe te pas. Brand verduidelik hoe om energieverliese te verminder deur byvoorbeeld druk te verminder. Hy verwys na besparings van tussen 67% tot 89% as die regte metodes toegepas word. Jaarlikse infiltrasie-kostes word ook onder die vergrootglas geplaas. Die feit dat geen menslike uitsette verlang word nie, maak hiervan ‘n gesogte implement om te gebruik op ‘n plaas.