Safex Verslag - 30 April 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies: · ʼn Effense herstel in die internasionale energiepryse het ondersteuning aan die Amerikaanse mieliemark gebied en beide die Mei en Julie termynkontrakte het ondersteuning gevind. · Taiwan het gister ongeveer 66 000 ton se Brasiliaanse mielies aangekoop op ʼn internasionale tender. Dit is vir lewering later in die jaar. · Die plaaslike mieliemark het gister skerp onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R50/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 443/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R46/ton laer verhandel om teen R2 576/ton te sluit. Sojabone: · Die stroop proses in Argentinië het verlede week goed gevorder, maar vorder hierdie week weer stadiger as gevolg reën wat oor groot gedeeltes van die land voorkom. Dit bied ondersteuning aan die internasionale sojaboonmark. · Die Amerikaanse sojaboon uitvoere vind steeds teen ʼn stadige tempo plaas en dit hou die Amerikaanse voorraadvlakke hoog wat oor die algemeen negatief is vir die pryse. · Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R104/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 577/ton te sluit. Koring: · Die internasionale koringmark het die week tot dusver redelik gemeng verhandel met gemengde fundamentele inligting in die internasionale koringmarkte. · Die laer vraag na voerkoring in die internasionale konteks, tesame met die meer gunstige toestande vir aanplantings in Argentinië het druk op die internasionale koringmark geplaas. · Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het meestal laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R73/ton laer verhandel om teen R5 450/ton te sluit.
29 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes