Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?
Loading player...
Hy sê Suid-Afrika bevind homself in onbekende water ten opsigte van die Covid-19-pandemie, en strategiese "vlugvoetige" beplanning is nou van belang. Dit word gedoen deur jouself te posisioneer en vas te stel waar jy jouself in die toekoms wil bevind en om dit te doen moet daar 'n terugblik wees oor waar jy jouself aanvanklik bevind het en die geldelike implikasie wat aan jou doelwit verbonde is.
Daarmee saam bestaan daar 'n sterk vermoede oor hoe die situasie gaan ontwikkel ten opsigte van dié pandemie en dit word gesteun deur verbeterde data, asook oorlegpleging met verskillende kundiges wat besluite oor beleid neem. Onmiddellike veranderings bemoeilik egter beplanning vir die toekoms.
Dit is daarom waardevol om 'n inligtingstuk deur die "Board of Innovation", 'n firma wat fokus op innoverende strategieë oor verwagtinge met betrekking tot dié pandemie, in ag te neem.
Volgens dié inligtingstuk gaan daar 'n groter mate van beklemming wees, en mense gaan sielkundige afwykings ondervind. Daarvoor moet oplossings gevind word, wat alle gemeenskappe in Suid-Afrika kan ondersteun en help om die sielkundige impak van die koronavirus te verwerk.
Mense sal hulself gereed moet maak vir meer aflewerings van produkte en goedere tuis. Daar gaan minder gereis word. Die gebruik van veilige kos gaan ook belangrik word, sê hy.