Dr Johnny vd Merwe praat vandag oor die skielike daling in varkpryse

Loading player...
Landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit, Dr Johnny vd Merwe, praat vandag oor die gevolge van die Covid-19 pandemie wat baie druk op die varkbedryf plaas. Daar is, volgens van der Merwe, ‘n groot daling in die vraag na varkprodukte, veral in die voedseldienstebedryf. Volgens hom kan dit ook toegeskryf word aan byeenkomste wat gekanselleer word, soos kongresse, troues, onthale, ens waar veral geprosesseerde produkte gebruik word. Minder bederfbare produkte word ook tans deur kleinhandelaars aangehou om hul eie besigheid te beskerm. Voerpryse wat verhoog, plaas tans die bedryf verder onder druk.
28 Apr 2020 11PM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes