Safex Verslag - 29 April 2020 (Verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies: · Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou bekend gemaak word is 27% van die mielie aanplantings vir die seisoen voltooi. Dit is beter as die 5 jaar gemiddelde tempo van 20% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen. · Suid-Korea het gister ongeveer 68 500 ton se mielies aangekoop op ʼn internasionale tender en die mielies kan van opsionele oorsprong af verkry word. · Die plaaslike mieliemark het gister skerp onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R64/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 492/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R65/ton laer verhandel om teen R2 623/ton te sluit. Sojabone: · Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou bekend gemaak word is 8% van die sojaboon aanplantings vir die seisoen voltooi. Dit is beter as die 5 jaar gemiddelde tempo van 4% voltooi teen dieselfde tyd van die seisoen · Die Sojaboon stroop proses in Argentinië vorder goed en ongeveer 56% van die sojabone is reeds gestroop teenoor verlede seisoen se 51% teen dieselfde tyd van die seisoen. Die gemiddelde opbrengste wat tot dusver gerapporteer word is ongeveer 15% laer as die vorige seisoen se opbrengste. · Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R132/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 690/ton te sluit. Koring: · Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou bekend gemaak word is 54% van die winterkoring in ʼn goeie tot uitstekende toestand. · Die winterkoring se produksietoestande het verswak vanaf verlede week toe 57% van die koring in ʼn goeie tot uitstek
28 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes