
VKB moedig graanskenkings aan te midde van Covid-19-pandemie
Loading player...
Die VKB-groep ondersteun die Landbousakekamer, Agbiz, se inisiatief om armoede te midde van die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika te verlig. Dit kom nadat Agbiz 'n beroep op die hele landbouwaardektting gedoen het om uit te reik aan behoeftige gemeenskappe waar daar ernstige voedseltekorte voorkom. Koos Janse van Rensburg, besturende direkteur, van dié groep, sê boere, inset- en graanverskaffers asook meulens kan bydraes in die vorm van graan of selfs geldelike skenkings maak. Hy sê dit is absoluut 'n vrywille projek. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...