
Bultfontein boere verjeug oor goeie reën
Loading player...
Graanboere in die Bultfontein-gebied in die Vrystaat is verjeug oor goeie reën, wat Maandag in dié gebied, voorgekom het. Anton Botha, 'n plaaslike boer en voormalige hoofbestuurslid van Graan SA (GSA), sê dit het eergister tussen 30mm en 45mm in dié gebied gereën. Daar is produsente wat meer reën op hul plase gemeet het. Hy sê daar is groot dankbaarheid onder produsente, veral diegene wat in die proses is om voor te berei vir droëlandkoring-aanplantings. Volgens hom word die matige reën ook met ope arms verwelkom, want dit veroorsaak nie skade aan oeste op landerye nie. Botha meen verder dié reën gaan ook nie in die stadium die stroopproses beïnvloed nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...