
Droogtetoestande heers in meer as helfte van die NK, al reën dit kol-kol
Loading player...
Meer as die helfte van die Noord-Kaap bestaan steeds uit droogtegeteisterde gebiede. Dit is volgens Janine Byleveld, operasionele bestuurder vir ekonomie, handel, water- en omgewingsake by Agri Noord-Kaap, wat meen al het dit in sekere gebiede die afgelope week gereën is daar gebiede wat steeds min tot geen reën ontvang het nie. Sy sê in die meeste gebiede het dit kol-kol gereën, en die droogte is geensins gebreek nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...