
Safex Verslag - 28 April 2020 (verskaf deur GraanSA)
Loading player...
Mielies: · Die Amerikaanse mieliemark word steeds onder druk gehou deur die lae energiepryse wat die produksie van etanol baie terug gesit het. Dit beïnvloed ook die vraag van Amerikaanse mielies negatief. · Die Amerikaanse Departement van Landbou se nuutste weeklikse produksievorderingsverslag sal ʼn goeie aanduiding gee van hoe die aanplantings vorder. In sommige gedeeltes van die land kon die aanplantings vinniger plaasvind, terwyl ander gedeeltes steeds te nat toestande ervaar. · Die plaaslike mieliemark het Vrydag skerp onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R42/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 556/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R47/ton laer verhandel om teen R2 688/ton te sluit. Sojabone: · Die Suid-Amerikaanse sojaboon produksie vir die seisoen is aansienlik laer as wat aanvanklik verwag was. Die aanvanklike skatting was dat die Suid-Amerikaanse produksie vir die seisoen 8 – 9 miljoen ton meer sou wees as die vorige jaar se produksie. Die huidige skatting is dat dit ongeer 1 miljoen meer behoort te wees as die vorige seisoen produksie. · China toon steeds goeie vraag na sojabone en doen heelwat invoeraankope. Die meeste van die Chinese invoeraankope is vanaf Brasilië af. · Die plaaslike sojaboonmark het onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R77/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 822/ton te sluit. Koring: · Die weerstoestande wat oor die naweek in die EU geheers het was positief vir die winterkoring produksie, nadat dit aanvanklik die seisoen oorwegend droog was. · In die VSA is daar steeds onsekerheid oor wat die impak van die koue toestande op die winterkoring produksie was. Die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag sal meer sekerheid daaromtr