
Frikkie Mare praat oor kalfprys-siklusse en reenpatrone
Loading player...
Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels vandag oor kalfsprys-siklusse en die veranderde reenpatrone wat tans oor groot dele van Suid-Afrika heers. Kalwers word vanaf Septembermaande gebore en dit is gewoonlik in tye wat dit droog is in die veld. Speenkalfprys wissel dus in ongeveer 3 maande tussen die laagste prys in Junie/Julie tot die hoogste pryse wat in Augustus/September behaal word. Mare beveel aan dat produsente moet oorweeg om eerder in November/Desember te kalf om dit nader aan die reenseisoen te bring.