
Hans-Jurie Moolman praat oor die probleem van huurders wat nie hulle huur betaal nie
Loading player...
Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende in regskringe wat spesialiseer in grondregte. Vandag behandel hy die probleem wanneer huurders nie hul huurkontrakte eerbiedig en die nodige huurgeld betaal nie. Dit is kommerwekkend dat sekere korporatiewe besighede doodeenvoudig hul verhuurders in kennis stel dat hulle, gesien in die lig van die huidige omstandighede, nie hul huur verskuldig, gaan vereffen nie. Dit, terwyl hul van hul eie kliente verwag om hul verpligtinge na te kom. Toegang tot howe is tans beperk en dit bemoeilik die sake verder. Moolman verduidelik die gevolge van hierdie aksies.