
Safex Verslag - 24 April 2020 (verskaf deur GraanSA)
Loading player...
Mielies: · In die nuutste weeklikse uitvoerverkope verslag wat deur die Amerikaanse Departement van Landbou bekend gemaak is word gerapporteer dat die mielie uitvoerverkope vir die week ongeveer 670 000 ton was. · Die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope is ongeveer 20% laer die vorige week se uitvoerverkope en 49% laer as die afgelope 4 weke se gemiddelde uitvoerverkope. · Die plaaslike mieliemark het gister hoofsaaklik ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R82/ton hoër verhandel vir die dag om teen R2 598/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R80/ton laer verhandel om teen R2 734/ton te sluit. Sojabone: · Die Amerikaanse Departement van Landbou se weeklikse uitvoerverkope verslag het aangedui dat die weeklikse sojaboon uitvoerverkope ongeveer 346 000 ton was. · Die weeklikse uitvoerverkope is 41% meer as verlede week se uitvoerverkope, maar steeds laer as wat die algemene handelsverwagtinge was en ook 48% laer as die afgelope 4 weke se gemiddelde weeklikse uitvoerverkope. · Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R119/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 901/ton te sluit. Koring: · Die weeklikse Amerikaanse koring uitvoerverkope was volgens die nuutste Amerikaanse Departement van Landbou verslag ongeveer 400 000 ton. · Die weeklikse koring uitvoerverkope was nader aan die onderkant van die weeklikse handelsverwagtinge. Die Filippyne was die grootste koper van Amerikaanse koring vir die week. · Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het meestal sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R75/ton hoër verhandel