Interessante konsepte vir sosiale media in die landbousektor

Loading player...
Andre, oftewel Tjoepie Groenewald, is ‘n ekspert en bekende op die gebied van sosiale media en –platforms in die landbousektor. Vandag gesels hy weer oor tegnologie en die aanwending daarvan in boerderye. Volgens Groenewald is dit belangrik om te kyk in die toekoms hoe jy jouself kan verskans. Hy meen digitalisering gebeur vinniger en dit is belangrik om te besin wat dit vir jou besigheid beteken. Groenewald verwys ook verder na die besparingskostes wat meegebring word in terme van byvoorbeeld vervoer en brandstof/reiskostes na veilings, dubbele vervoer van vee, tydbesparing, ens. Hy verwys ook na die belangrikheid van naspeurbaarheid vir die onmiddellike toekoms.
23 Apr 2020 11PM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes