Safex Verslag - 23 April 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies: · In die internasionale mieliemark het beide Taiwan en Suid-Korea aankope gedoen vir invoere. Taiwan het ongeveer 117 000 ton mielies aangekoop terwyl Suid-Korea ongeveer 69 000 ton aangekoop het. · In Brasilië word die weerstoestande vir die res van die seisoen dopgehou met droër toestande wat tans daar heers kan dit die opvolg mielie-oes negatief beïnvloed. · Die plaaslike mieliemark het gister hoofsaaklik onder druk gekom en het meestal laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies. · Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R29/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 517/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R33/ton laer verhandel om teen R2 653/ton te sluit. Sojabone: · In Argentinië is die verwagting dat die sojaboon-oes vir die seisoen laer behoort te wees as wat aanvanklik verwag was. Die Argentynse produksie word nou op 50.83 miljoen ton geskat terwyl dit vroeër nader aan die 54 miljoen ton geskat was. · Die verwagting is ook dat die Argentynse sojaboon uitvoere vir die seisoen ongeveer 6,5 miljoen ton behoort te wees wat laer is as wat aanvanklik geskat was. · Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. · Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R17/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 799/ton te sluit. Koring: · Die koring uitvoere vanaf die Oekraïne het vir die seisoen tot datum ʼn nuwe rekord van 18,5 miljoen ton bereik. · Die uitvoere vanaf die lande die Swartsee streek behoort nou stadiger plaas te vind met die uitvoerbeperkings wat daar ingestel is. · Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel, maar het meestal ondersteuning gevind om sterker te sluit vir die dag. · Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2020, R15/ton hoër verhandel om teen R5 515/ton te sluit.
22 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes