Aanlynveilings 'n veilige en kostedoeltreffende opsie vir produsente

Loading player...
Die aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel, is oortuig daarvan dat die sogenaamde "aanlynrewolusie" die oplossing vir verkopers sowel as kopers van diere, is. Dié platform, wat nou te midde van die Covid-19-pandemie en reeds vroeër met die uitbreking van bek-en-klouseer in gewildheid toegneem het, hou talle voordele vir boere in. Dit verskaf aan hulle nasionale marktoegang en selfs stoetboere wend hulle nou tot dié veilings om hul geslote kuddestatus te behou. Díit is volgens Petrus van Heerden, direkteur van Beeswinkel, wat meen dié platform is kostedoeltreffend en spaar produsente geld in terme van bemarking, die vervoer van diere en kommissies wat betaal moet word. Beeswinkel het reeds 2 200 geregistreerde gebruikers en gaan daagliks van krag-tot-krag. Van Heerden sê daar word vandag op dié weeklikse aanlynveiling 700 diere aangebied. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.
22 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes