Dr Jonny vd Merwe gesels oor jongste tendense en pryse in die markte

Loading player...
Dr Johnny vd Merwe, bekende landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, vertel van die lewendige aanlyn-gesprek wat vanmiddag gehou word. Van der Merwe verduidelik wat die doel van die webinaar is en gee dan sy mening en jongste vooruitskattings oor veral pryse en tendense in die mark. Hy lig ook verder uit die invloed wat die Corona virus op sekere kommoditeite het. Laer vraag na produkte en minder diere in die mark, is ook een van die faktore wat uitgelig word. Hy verwys ook na die invloed van die onlangse droogte op die landbousektor en veral die reaksie op die huidige situasie waarin landbouers hulleself bevind.
21 Apr 2020 11PM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes