
Aanlyn-konferensie vind vanmiddag plaas
Loading player...
In vandag se landbounuus berig ons oor ‘n interessante aanlyn-konferensie wat aangebied word met produsente, landboubesighede en verbruikers as teikengroepe. Sedert die staat van inperking bekragtig is, is produsente, landboubesighede en verbruikers gedwing om gebruik te maak van hul rekenaars om die meeste van hul werk en ander aktiwiteite te behartig. In plaas van konferensies en kongresse, word aanlyn byeenkomste nou gehou om inligting te versprei en aan besprekings oor die toekoms te kan deelneem. Vanmiddag om 16:00 vind ‘n aanlyn landbou-vooruitskouings webinaar plaas, waar verskeie kundiges hulle mening gaan uitspreek oor ‘n wye verskeideheid onderwerpe. Die hoofsprekers is, Dr Johnny vd Merwe, Prof Waldo Krugel en CP Kriek. Die skakel om deel te wees van hierdie webinaar, is mynwu.info/e/19