Gewildheid van aanlynveilings neem toe te midde van die Covid-19-virussiekte

Loading player...
Die impak van die Covid-19-virussiekte op die veilingsbedryf plaaslik, maar ook oor die wêreld heen is baie groot. Alle veilings en nie slegs die veilings van lewende hawe nie, word geraak. In die proses is mense oor die wêreld heen opsoek na alternatiewe om aanlyn handel te kan dryf. Petrus van Heerden, direkteur van die aanlynverhandelingsplatform, Beeswinkel, verwys na dié vorm van veilings as 'n aanlynrewolusie, en meen dit is is vir seker die antwoord, omdat alle bedrywe hulle nou wend na aanlynplatforms om handel te dryf. Hy sê sedert die uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo, laat verlede jaar, wat daartoe gelei het dat 'n tydelike verbod op die samekoms van spleethoewige diere verbied is en veilings asook die ten toonstelling van diere nie kon plaasvind nie, asook die uitbreking van die koronavirus in Suid-Afrika, het bygedra tot alternatiewe veiliger wyses wat gebruik kan word om veilings veilig aan te bied. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...
21 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes