
Dr Frikkie Mare praat vandag oor speenkalfpryse wat drasties gedaal het
Loading player...
Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat ontleed vandag die daling in speenkalfpryse en die moontlike redes daarvoor. Die tendens is juis dat hierdie tyd van die jaar, terselfdertyd met mieliepryse wat styg, meer en meer kalwers in die mark gestoot word. Die rand/dollar-wisselkoers is swak en kan ook ‘n beduidende invoed op prysvlakke uitoefen. Die Corona-virus speel egter ‘n kleiner rol in die huidige daling van speenkalfpryse en binne ‘n paar weke kan nog dalings verwag word, hoewel daar nie ‘n totale ineenstorting van die mark in die vooruitsig gestel word nie