Reën word verwelkom, maar kan nou 'n impak op graanoeste hê

Loading player...
Goeie reën die afgelope paar weke word wyd met ope arms deur produsente verwelkom, maar dit kan veral dié tyd van die seisoen, 'n negatiewe uitwerking op somergraangewasse hê. ​Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbou-weerkunndige, sê veral boongewasse, wat droë- en sojabone insluit, is meer kritiese gewasse, wat deur dié nat toestande geraak word. Indien dié bone té lank op landerye staan, en nie gestroop word nie, kan probleme ontwikkeling. Hy sê sonneblom word egter nie té veel deur bewolkte en nat toestande geraak nie, en mielies is ook meer teen dié toestande bestand, maar die stroopproses word egter daardeur vertraag. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van den Berg gepraat...
19 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes