Allan Heyl oorlede

Loading player...
Allan Heyl was ‘n bekende en huishoudelike naam in Suid-Afrika, maar hy het dalk vir die verkeerde redes die nuus gehaal. Allan was die laaste oorblywende lid van die berugte Stander-bende wat in die middel tagtigerjare verskeie banke beroof het. Allan het bykans 28 jaar in die tonk deurgebring en is in 2005 op parool vrygelaat. Hy het daarna ‘n motiveringspreker geword en was veral in die landboukringe bekend waar hy gereeld by kongresse, boereverenigings, studiegroepe en ander landboubyeenkomste die gasspreker was. Heyl, wat in Virginia in die Vrystaat grootgeword het, het verlede jaar, omtrente dieselfde tyd, op die program “Before Dawn” op Ofm, vertel van sy bewondering vir die landbougemeenskap van Suid-Afrika.Allan Heyl, ‘n groot vriend van die landbou wat die naweek oorlede is.
19 Apr 2020 11PM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes