Safex Verslag - 17 APril 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies:

· Die weeklikse etanol produksie in die VSA is steeds in ʼn afwaartse tendens met die lae vraag na etanol. Ten spyte van die lae weeklikse etanol produksie is die voorraadvlakke tans teen nuwe hoogtepunte.

· Die laer etanol verbruik asook pryse plaas druk op die Amerikaanse mieliemark.

· In die internasionale mieliemark bly Suid-Korea steeds ʼn groot aankoper van mielies en het hulle in ʼn privaat transaksie 210 000 ton se mielies aangekoop vir invoerdoeleindes.

· Die plaaslike mieliemark het gister gemeng verhandel met die naby maand kontrak van witmielies wat hoër gesluit het terwyl die verder maand kontrakte, asook die geelmieliemark meestal onder druk gekom het en laer gesluit het vir die dag.

· Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R21/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 573/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R29/ton laer verhandel om teen R2 710/ton te sluit.

Sojabone:

· In die VSA het die verwerking van sojabone gedurende Maart die hoogste verwerkingsyfers nog vir dié maand bereik. Die verwerking in die VSA is reeds die afgelope paar maande hoog met die groot hoeveelheid sojabone wat daar beskikbaar is.

· Die Amerikaanse sojaboon aanplantings is aan die gang en die grootste fokus in die internasionale sojaboonmark vir die volgende paar weke sal op die Amerikaanse aanplantings wees.

· Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

· Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R18/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 778/ton te sluit.



Koring:

· Die Amerikaanse koringmark is meestal gemeng. Die winterkoring produksietoestande is relatief goed alhoewel daar in sommige gedeeltes bekommernisse in die mark is weens koue toestande.

· Die sterk vraag na koring invoere in die internasionale markte het die
16 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes