
Eksteen Brand gesels oor hoe om diesel-pes te verhoed, in veral waterpompe
Loading player...
Eksteen Brand, ‘n prosestegnologie-konsultant van die firma Hydac, in Johannesburg, praat vandag verder oor hoe om pes of vuil bestanddele in diesel te verhoed. Brand verduidelik dat een van die eerste metodes is natuurlik om water uit ‘n tenk te hou, veral in gebiede waar die humiditeit hoog is en waterdruppels teen die kante van die tenk begin vorm. Lekkende seels en water in diesel is ander probleme wat ondervind word en Brand verduidelik ook hoe moontlike oplossings hiervoor gevind kan word.