Safex Verslag - 15 April 2020 (verskaf deur GraanSA)

Loading player...
Mielies:
· Die internasionale mieliemark word steeds grootliks gedryf deur buite faktore soos die energiemark. Die internasionale energiepryse, wat steeds laag is plaas ook druk op die mieliepryse.

· In die VSA is die nuwe seisoen aanplantings later as normaal weens koue toestande wat nie gunstig is die aanplantings nie.

· Die plaaslike mieliemark het gister gemeng verhandel, met die ou seisoen kontrakte wat ondersteuning gevind het en hoër gesluit het vir die dag, terwyl die nuwe seisoen kontrakte onder druk gekom het en laer gesluit het vir die dag.
· Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R1/ton laer verhandel vir die dag om teen R2 581/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2020 R6/ton laer verhandel om teen R2 731/ton te sluit.

Sojabone:

· In die internasionale sojaboonmark is die fokus tans steeds grootliks op die stroop proses in die Suid-Amerikaanse lande. In Brasilië is die opbrengste wat gerapporteer word in die suidelike gedeeltes van die land onder gemiddeld, terwyl daar rekord opbrengste in die noordelike gedeeltes van die land gestroop word.

· In die VSA is die aanplantings van sojabone ook later as normaal weens die koue toestande wat in groot gedeeltes van die produksiegebied heers.

· Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

· Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2020, R122/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 660/ton te sluit.



Koring:

· In die VSA is die koue toestande wat tans heers negatief vir die winterkoring produksieomstandighede wat die opbrengste negatief kan beïnvloed.

· Die koringuitvoere vanaf die lande in die Swartsee streek het gedurende Maart goeie ondersteuning gevind. Die Oekraïne se uitvoere het ʼn nuwe maandelikse hoogtepunte gedurende Maart bereik, terwyl Rusland se uitvoere die 2de hoogste nog
14 Apr 2020 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes