
Dr Johnny vd Merwe, bekende landbou-ekonoom gesels oor die huidige stand van die ekonomie in die sektor
Loading player...
Dr Johnny vd Merwe, bekende landbou-ekonoom van die NWU, gesels oor die huidige stand van die ekonomie in die landbousektor en beskryf die lae vlakke van ekonomiese groei as bykans dieselfde as tydens die “Groot Depresessie” van 1931. DIE IMF het reeds aangedui dat ‘n verdere inkrimping van tot 7% verwag kan word in 2020. Die verdere verlaging van die repo-koers deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank, is juis ‘n aanduiding van die probleme wat tans op die ekonomiese front ondervind word. Die verwagting is egter ook steeds dat die resessie-siklus nog vir ‘n geruime tyd sal voortduur, wat ‘n negatiewe uitwerking tot gevolg het vir kommoditeitspryse op die medium- tot langtermyntydperk.