
DA wil selfgemaakte gesondheidsmaskers aan landbougemeenskappe verskaf
Loading player...
Die DA beoog nou om gesondheidsmaskers aan gemeenskappe in die landboubedryf en in landelike gebiede te verskaf. Die DA se skaduminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Annette Steyn, sê dié projekte sal soortgelyk wees aan geskenkpakkies met onder meer kruideniersware , wat aan gemeenskappe in droogtegeteisterde provinsies, geskenk is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...