
#Covid19: Jagbedryf word swaar geraak
Loading player...
Die nasionale staat van inperking, wat nou verleng is na die einde van vandeesmaand, het ‘n reuse impak op die jagbedryf. Fred Camphor, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging, sê die impak van die Covid-19-pandemie in die land is tweeledig. Die plaaslike bedryf word geraak deurdat buitelandse jagters nie meer na Suid-Afrika stroom nie. Die totale inkomste daarvan, wat jaarliks sowat R2 miljard beloop, word nou negatief geraak. Daarmee saam is daar ook 'n afname in binnelandse jagtogte, wat afgeneem het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Camphor gepraat....