
Australie se dierewelsynsgroepe gekant teen vriesbrandmerke op skape
Loading player...
Die nuusagentskap, Sheep Central, berig dat dierewelsynsgroepe in Australie opnuut gekant is teen die praktyke van vriesbrandmerke op skape, ondanks die groeiende steun wat die spesifieke praktyk van landbouers in die land daarvoor gee. Duisende wolprodusente in die meeste skaap-produserende provinsies van Australie, verkies hierdie metodes, veral om die risiko van vliee te bekamp. Die dierewelsynsorganisasies egter, ondersteun die proses van selektiewe teling, om sodoende velplooie te verwyder en vatbaarheid vir vliee te verminder.