Lesotho se wol- en sybokhaaruitvoere wat weer normaal kan voortgaan

Loading player...
Die Lesotho Times het onlangs berig dat die verbod op wol- en sybokhaaruitvoere deur Suid-Afrikaanse maatskappye, opgehef is. In die afgelope bykans 2 jaar, was die land se wolbedryf in sak en as omdat die tender aan ‘n Chinese individu die alleenreg gegee het om die uitvoere te behartig en hy bloot nie die kapasiteit daarvoor gehad het nie. Sommige produsente van Lesotho was ook van mening dat hy nie die markte, veral in Suid-Afrika geken het nie en dat dit tot groot frustrasie gelei het. Die Lesotho-regering het volgehou dat die regulasies bedoel was om die plaaslike bedryf te laat groei.
12 Apr 2020 11PM Afrikaans South Africa Business · Daily News

Other recent episodes