
Tjoepie Groenewald, sosiale media ekspert van Farmboek, gesels vandag verder oor die nuwe era van tegnologie in boerdery
Loading player...
Ons gesels vandag verder met Tjoepie Groenewald van Farmboek oor hoe nuwe tegnologie drastiese aanpassings in die landbousektor teweeggebring het. Groenewald verduidelik dat landbouers hulself in ‘n nuwe era bevind waar kommunikasie heeltemal oornag verander het. Die huidige wyse van kommunikasie en tegnologie gaan in die toekoms waarde toevoeg tot jou boerdery, volgens hom. Hy reken ook dat tydsbesparing en wedersydse vertroue gaan een van die grootste kenmerke word van besigheid in die digitale era waarheen ons tans beweeg. Die bou van hierdie vertrouensverhoudings gaan onontbeerlik vir landbouers wees. Volgens Groenewald gaan boere meer innoverend en kreatief moet begin dink en dat dit na alle waarskynlikheid, sukses vorentoe sal beteken. Hy glo die nuwe digitale era is hier om te bly.